Transgressions and Boundaries of the Page

 Hennie Meyer


ARTIST BIOGRAPHY

Hennie Meyer skep gedigte in 'n ander gedaante oftewel konkrete poësie.
Van sy werk is in 2006 uitgestal op Aardklop in die Snowflake Galery.
In 2007 is hy 'n finalis in die Sasol Nuwe Handtekeninge kompetisie.
In 2008 hou hy 'n uitstalling van konkrete poësie, winkel van wanklanke, by die Tina Skukan Galery in Pretoria. Van sy werk verskyn in die eerste uitgawe van die tydskrif Pomp asook in die tydskrif A Look Away. Hy werk by Unisa en woon in Pretoria.

PROJECT

Titel 1. BEURSPEUR
2. WINKEL VAN WANKLANKE VOL I
Medium Papier, leer, verf en ink
Afmetings Beurspeur: 120mmx40mm
Winkel van Wanklanke Volume I: 80mm x40mmx50mm
Uitgawe Beurspeur een uitgawe, Winkel van Wanklanke Vol 1: 50 uitgawes
Prys Winkel van Wanklanke Vol 1: R40.00

Beurspeur: ’n Ou gebruikte beursie met gedigte en artefakte van die digter in.

In die beursie is onder andere:

  • Geldig, met verwysing na Joan Hambidge
  • Pit, foto’s en sente van gedig
  • Ekke, ID-foto van die digter met die gedig ekke agterop
  • Op soek na die g-kol, agterop ‘n gebaretaalkaartjie wat jy in ‘n kroeg kry
  • R10-note met gesegdes van geld op
  • Vodde foto, agterop gefrommelde bankstrokie geskryf
  • Sakdoek met gedig

Winkel van Wanklanke Vol 1

Vyf vuurhoutjieboksies aanmekaar gegom (om soos ‘n versameling boeke te lyk), met die volgende gedigte in:

  • Echer
  • Poen
  • Oepsie poesie bedoel poësie
  • Geldig
  • Die blinde man neek neer



 About the Project

 Project Brief

 Artists

 Exhibitions

 Community Projects

 Organisers and Contacts

 Textual Research


© Jack Ginsberg Centre for Book Arts (JGCBA). All rights reserved.