Transgressions and Boundaries of the Page

 Jan van der Merwe


ARTIST BIOGRAPHY

Jan van der Merwe (gebore 1958) woon en werk in Pretoria en is tans senior dosent in Beeldende Kuns aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie. Hy het sedert 1976 deelgeneem aan groeps- en solo-uitstallings, insluitende internasionale groepsuitstallings. ? Hoogtepunt in sy loopbaan was ? oorsigtelike uitstalling in die Pretoriase Kunsmuseum in 2006, getiteld Die Argeologie van Tyd. Hy het sedert 2001 deelgeneem aan verskeie werkswinkels in samewerking met verstandelik-gestremde kunstenaars in België en in Suid-Afrika en met die organisasie Feniks Unite. ? Gedetailleerde lys van uitstallings, toekennings en beeldmateriaal is beskikbaar by art.co.za/janvandermerwe.

PROJECT

Titel Sleepmerke
Medium Hout, papier en houtskool
Afmetings 142cm (lengte), x 47cm (breedte) x 87cm (hoogte)
Uitgawe Uniek
Prys -

Die kunswerk (boek) bestaan uit ? houttafel, afmetings 142cm (lengte), x 47cm (breedte) x 87cm (hoogte). Die tafelblad word ‘n vel papier en aan die einde van dié papierblad is daar papierbladsye wat soos ? boek kan blaai.

Op die velle is daar houtskoolsleepmerke gemaak met ? verkoolde stuk boomstomp asook ‘n tekening van ? boomwortel en ‘n stoel. Die sleepmerke verander na elke bladsy en verdwyn uiteindelik uit die laaste bladsy. Die sleepmerke dui op die “nasleep” van die verwerkte boom, sigbaar in die papier, maar die boomwortel en stoel is ook ? metafoor vir mense wat meegesleur word.

Werksproses:

Franci Greyling en Ian Marley van Noordwes-Universiteit het my in 2009 genooi om aan die boekeprojek vir die Woordfees, Stellenbosch, 2010, deel te neem. My oorspronklike gedagte was om ? installasie (iets beeldhoukundig) te maak. Ek het ook aan die idee van boekmerke of merke wat agtergelaat word as mens klaargelees het, gedink.

Ek is op die oomblik besig met ? ander installasie getiteld Ontwortel, vir ? solo-uitstalling wat op 11 November 2009 by die galery van die Universiteit van Johannesburg open. In die installasie word ontwordelde bome gebruik en word herinner aan die siklus van boom-meubelstuk-papier-houtskool. Die prosesse wat ek in hierdie installasie gebruik, het my die idee gegee vir my boekemaakprojek waar die tekening en sleepmerke deel van ‘n boek word.



 About the Project

 Project Brief

 Artists

 Exhibitions

 Community Projects

 Organisers and Contacts

 Textual Research


© Jack Ginsberg Centre for Book Arts (JGCBA). All rights reserved.