Transgressions and Boundaries of the Page

 Marli Heunis


ARTIST BIOGRAPHY

Marli is ? grafiese ontwerper wat tans besig is met haar MA in Ontwerp- en illustrasiekuns. Sy het onlangs haar BA in Grafiese Ontwerp behaal by die Noordwes-Universiteit. Marli se navorsing vir haar Meestersgraad fokus op Afrikaneridentiteit en illustrasiekuns.

PROJECT

Titel Hier zijn Duivelen
Medium Gemengde media
Afmetings 25 cm x 25 cm
Uitgawe Uniek
Prys -

Hierdie kunstenaarsboek vorm deel van ? gesprek oor Afrikaneridentiteit soos wat dit aan die hand gedoen word in André P. Brink se roman Duiwelskloof. Die boek is ? visuele interpretasie wat die gedaante van ? kaartboek aanneem. Daar is vier afdelings wat elk verskillende aspekte van die kunstenaar se ‘ondersoek’ na die roman asook haar eie visuele herinterpretasies uitbeeld. Die konsep van die werklikheid as konstruk waar identiteit tot stand kom word ondersoek deur met foto’s te speel om ? gesimuleerde werklikheid te skep. Die tweede afdeling van die boek fokus op die roman en word in drie lae verdeel: die omgewing, die nedersetting en die mense. Brink se gebruik van stereotipes word in die derde afdeling ondersoek deurdat die kunstenaar die mate van stereotipering deur middel van ? topografiese kaart uiteensit, waarin sy haarself ook gestereotipeerd uitbeeld. Die finale afdeling van die kaart stel die kyker dan in staat om sy of haar eie Duiwelskloof te bou deur die elemente deur die boek beskikbaar te stel in plakkers en ? agtergrond. Die kyker kan dan sy of haar stereotipiese vooropstellings toepas op die kunstenaar se stereotipes, en so deelneem aan die proses van identiteitskepping.



 About the Project

 Project Brief

 Artists

 Exhibitions

 Community Projects

 Organisers and Contacts

 Textual Research


© Jack Ginsberg Centre for Book Arts (JGCBA). All rights reserved.