Transgressions and Boundaries of the Page

 Strijdom van der Merwe & Jo-Marie Rabe


ARTIST BIOGRAPHY

Strijdom van der Merwe studied art at the Universities of Stellenbosch (South Africa) and Hooge School Voor de Kunste (Utrecht, Holland), The Academy of Art and Architecture (Prague, the Czech Republic) and the Kent Institute of Art and Design (Canterbury, England). He is the recipient of the Jackson Pollock-Krasner Foundation Grant and Medal of Honour from the South African Academy of Arts and Science. As a land artist, he generally uses the materials provided by the chosen site. His sculptural forms take shape in relation to the landscape. It is a process of working with the natural world, using sand, water, wood, rocks, etc.. He shapes these elements into geometrical forms that participate with their environment, continually changing until their final probable destruction. He observes the fragility of beauty, while not lamenting its passing; what remains is a photographic image, a fragment of the imagination. While a visual record is materially all that is left, he also leaves us a reminder of the capacity, however feeble, of an individual who alters the universe by embracing the ceaseless changing of nature, actively contributing to it and, in so doing, modulating and beautifying the outcome.

Jo-Marie Rabe is 'n kultuurhistorikus, oudhedehandelaar en skryfster. In 2007 behaal sy 'n MA (Geskiedenis) by die Universiteit van Stellenbosch. Sy skryf drie gereelde rubrieke (in Die Burger, Personal Finance, en The South African Art Times) wat handel oor die wêreld van oudhede en kuns.

PROJECT

Titel Verneukpan/Bitterputs
Medium Boek: Landkunsfoto's met aanhalings, herinneringe, vonkfiksie
Afmetings ± A3
Uitgawes 8
Prys Prys op aanvraag

Fotodokumentasie van 'n besoek aan Verneukpan en Bitterputs as ? terugreis na herinneringe van grootwordjare, asook ? proses van selfondersoek en ontdekking van die !Xam se woonplek.

Verneukpan en Bitterputs is twee uiters afgesonderde, dorre punte in 'n dorre afgesonderde deel van ons land. Dis geleë tussen Brandvlei, Kenhardt en Carnavon, min of meer nege ure se ry vanaf Kaapstad. Tussen die twee punte (ongeveer 10km uit mekaar) is waar die skryfster grootword. In dorre afgesonderheid vol afwagting en ongeduld wag om groot te word, om weg te kom. Om die wye wêreld te gaan verken – dit wat eksoties en vreemd is te gaan ontdek. Net om, soos die seun in die fabel, uiteindelik te besef dat die mees eksotiese en vreemde reg in die agterplaas (letterlik) van haar kinderjare is.

Na 27 jaar gaan sy terug, dié keer gewapen met haar vriende – almal kunstenaars. Sy nooi hulle om te gaan skep, sy self om weer te beleef, om vir hulle haar wêreld te wys en om dit opnuut deur hulle oë te sien. Sy gaan soek haar eie storie tussen die kukumi van die !Xam en die spore van Campbell se Blue Bird. “You are never to old to have a happy childhood” (Tom Robbins).

Wat is geheue? Hoeveel onthou ons self, hoe word herinneringe beïnvloed deur dit wat ander sê/dink/skryf oor dit wat ons voel ons “eie” is? Kan ons oor-onthou/ her-onthou? Hierdie vrae kom oor en oor as leitmotief voor. Saam met die her-onthou, herontdek en heroorweeg (van dit wat so intiem bekend en tog so grensloos onvas en broos is) is daar altyd die ander skrywers en die feite, hul idees, hul onthou, hulle stories. “Stories,” verduidelik R N Remen, “is iemand se ervaring van die gebeurtenisse in hulle lewens, nie die gebeurtenisse self nie.”

Die kunstenaarsboek is 'n bydrae tot die groot groep boeke wat reeds oor die omgewing en die !Xam geskryf is en gee op twee maniere erkenning aan hierdie bestaande bibliografie. Eerstens word dit fisies as deel van 'n reeks boeke aangebied (asof dit 'n hoop boeke is wat op 'n tafel lê). Tweedens bestaan die inhoud uit foto's van die landkuns wat Strijdom van der Merwe gedurende die reis gemaak het en aanhalings uit ander skrywers se werke oor die !Xam en Verneukpan sowel as idees, kort stukkies vonkfiksie en herinneringe wat vir die projek geskep is en vir die eerste keer publiseer sal word.



 About the Project

 Project Brief

 Artists

 Exhibitions

 Community Projects

 Organisers and Contacts

 Textual Research


© Jack Ginsberg Centre for Book Arts (JGCBA). All rights reserved.